Skip to content

Wat is ’n ma? Deur die oë van ’n kind….

’n Ma deur die oë van ’n kind

Ma’s is baie mooi, hulle kleur hulle gesigte in.

Ma’s lees vir mens stories

Ma’s kan goed sien, as jy klaar gebad het sien hulle dis nog vuil agter jou ore.

As jy stout is sien hulle deer ‘n muur en vra wat jy al weer doen.

Hulle maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons alles opeet.

Ma’s moet baie slim wees, want ons juffrouens gee vir ons huiswerk dan doen ons ma’s dit.

Ma’s vat kinders skool toe en soen hulle voor ander kinders en tannies.

Ma’s is altyd laat en sê kinders moet gou maak.

As jy siek is pas Ma’s jou op.

Ma’s het baie geld vir tamatiesous, peanut butter, seep en tandepasta, koffie en pap maar net bietjie geld vir sweets.

Ma’s sê altyd hulle het nie geld nie maar dan koop hulle ‘n trollie vol goeters.

Ma’s hou van winkels waar mens net ‘n papiertjie teken want dan hoef jy nie te betaal nie.

Ma’s sê altyd hulle is vet as hulle ou klere aantrek, nuwe klere pas net reg en dan is hulle maar.

Ma’s is baie versigtig. Hulle sê altyd pasop vir die karre en sluit al die deur.

Hulle is bang vir krieke, en jaag die hond van die bet af.

Ma’s is baie fliks.

Hulle praat lank op die foon, lees boek en kyk hulle stories op die televisie en dan maak hulle vinnig kos voordat Pa’s kom.

Ma’s gaan eendag hemel toe want hulle bid baie en ken alles van Liewe Jesus.

Ek is baie lief vir Ma’s.

Wat sê die Bybel oor hoe om ‘n Christen moeder te wees?

Om ‘n moeder te wees is ‘n baie belangrike rol wat God gekies het om aan baie vrouens te gee. ‘n Christen moeder moet haar kinders liefhê (Titus 2:4-5), sodat sy geen verwyte sal hê nie en daardeur seker te maak dat God se Woord nooit in diskrediet bring sal nie.

Kinders is ‘n gawe van God (Psalm 127:3-5). In Titus 2:4 word die Griekse woord philoteknos gebruik hoe moeders hul kinders moet liefhê. Hierdie woord verduidelik daardie spesiale “moederlike liefde”. Die idee wat van hierdie woord kom gaan oor omgee, versorging, liefdevolle benadering, bevrediging van behoeftes en om elke kind te sien as ‘n spesiale geskenk van God.

Verskeie dinge word van Christen moeders verwag: –

Toeganklikheid – oggend, middag en aand (Deuteronomium 6:6-7).

Betrokkenheid – interaksie, bespreking en die proses van die lewe (Efesiërs 6:4)

Onderrig – God se Woord en die Bybelse siening van die wêreld (Psalm 78:5-6; Deuteronomium 4:10; Efesiërs 6:4)

Opleiding – help on die kind se bekwaamheid te ontwikkel en sy goeie eienskappe te erken en te verbeter (Spreuke 22:6) asook die ontwikkeling van die kind se geestelike gawes (Romeine 12:3-8 en 1 Korintiërs 12).

Dissipline – dat God gevrees moet word, om ‘n konstante lewe te lewe, liefdevol en standvastig (Efesiërs 6:4; Hebreërs 12:5-11; Spreuke 13:24; 19:18; 22:15; 23:13-14; 29:15-17).

Versorg – konstante beskikbaarheid, vryheid om wel te kan faal, aanvaarding en onvoorwaardelike liefde (Titus 2:4; 2 Timoteus 1:7; Efesiërs 4:29-32; 5:1-2; Galasiërs 5:22; 1 Petrus 3:8-9).

Die vorming van integriteit – lewe wat jy sê, om ‘n voorbeeld te stel vir die kind deur ‘n goddelike lewe te lei (Deuteronomium 4:9; 15; 23; Spreuke 10:9; 11:3; Psalm 37:18, 37).

Die Bybel se nêrens dat elke vrou ‘n moeder sal wees nie. Dit sê wel dat die wat God kies om moeders te wees moet die verantwoordelikheid ernstig opneem. Moeders het ‘n unieke rol in die lewens van hulle kinders. Moederskap moet nooit as ‘n moeilike of harde werk gesien word nie. Net soos ‘n moeder die kind tydens swangerskap versorg en omgee behoort dit ook so te wees tydens die kind se lewe, maak nie saak of dit nou tydens tieners kap of volwasse tydperke is nie. Terwyl moederskap wel verander en ontwikkel moet die basis van liefde, versorging en ondersteuning nooit verander nie.

Leave a Comment