Please remind me of new stories/videos and content as it becomes available

More begin die skole weer, ek weet nie wie is meer opgewonde nie die mammas en Pappas of die kinders nie.

Daar is groot opgewondenheid in ons huis want ons pop gaan na n nuwe skool en sy kan nie wag nie. Ek weet daar is in huise kinders wat opgewonde is en self senuweeagtig is soos die graad 1’tjies en die graad 8’s.

Ek Wil graag n gebed doen vir al ons kinders wat Kleuterskool, Laerskool, Hoerskool, Universiteit toe gaan en ook Klein babas en kinders wat by die huis is.

Liewe Here

Here baie dankie vir U liefde en U grootheid, dankie dat ons na U toe kan kom vir hulp. Dankie dat ons alles met U kan deel en weet dat U ons sal help en nie oordeel nie. Vanaand Wil ons ons kinders opdra na U, baie dankie vir ons wonderlike kinders, hulle is skatte uit die Hemel en die grootste geskenk.

Ons vra dat U hulle Sal beskerm en help met n goeie jaar, dat hulle alle hoogtes Sal bereik, dat hulle nie sal seerkry nie en dat U, U hand van beskerming oor hulle Sal hou

Mag U hulle help in goeie tye asook moeilike tye en dat hulle antwoorde op hulle uitdagings asook hulle sukses se deur U woord kan kry

” Mag U woord n lamp vir hulle voete wees en ñ lig op hulle pad wees”

Dankie

AMEN

Mammas wees daar vir julle kinders en weet dat God altyd agter julle staan in die opvoeding van julle kinders…

Leave a Comment