Please remind me of new stories/videos and content as it becomes available

Dit is amper die einde van 2019.. Die laaste 2 maande was nogal rowwe maande, nie op n slegte manier nie maar op n baie goeie manier.

My eerste prinsessie word in Januarie 5 en ons het 20 November nog n prinsessie ryker geword… Ek moet se dit was nogal n aanpassing gewees, maar ek dink ek is nou weer in die ding in…

Ek moet se, dit is nogal lekker om so groot verskil van 4 jaar te he tussen my kinders omdat my dotertjie my vreeslik baie help, ek maar haar regtig deel van alles sy help my om haar sussie te bad, dra doeke aan, help my as ek borsvoed om goedtjies te doen.

Ek het al dae gehad wat sussie die hele tyd wakker was en nie lekker was nie, dit het al baie gebeur as ek haar burp dat ek vol opgooi was… Ja ek het al baie middae eers na 1 uur tyd gehad om te bad, want tussen deur het n mamma nog haar take om kos te maak, huis skoon te maak en klere te was en te struik…

Niemand het gese dit is maklik om n mamma en vrou te wees nie. Gelukkig het ek n goeie ondersteuning struktuur van my man, hy help regtig baie en ek is so dankbaar vir hom.

Op die einde van dag as ek in my bed gaan klim, met een oog oop van die moegheid, hare wat deurmekaar is met knippies en rekkies, pajamas wat soos opgooi melkies ruik (want ek is te moeg om vir die 2de keer te gaan strot en skoon pajamas aantrek), my man langs my in die bed, my 2 wonderwerk dogtertjies – weet ek dat ek alles wat ek kan doen gedoen het en dat ek dit baie goed gedoen het.

Mammas – moet nooit dink dat jy nie goed genoeg is nie, moet nooit moedeloos raak as alles nie uitwerk soos wat jy wil he dit moet uitwerk nie, mamma wees is baie spesiaal en dit vat baie om n mamma te wees… Mens raak moedeloos en hartseer en dink dat jy nie iets regdoen nie, maar dit is nie waar nie – God het vir jou n mamma gemaak want Hy het geweet dat jy dit kan doen…

  • Proverbs 31:25: “She is clothed with strength and dignity; she can laugh at the days to come.”
  • Proverbs 31:26: “She opens her mouth with wisdom, and the teaching of kindness is on her tongue.”

Leave a Comment