Skip to content

Liefdevolle Dissipline

Dit is nog donker wanneer ek opstaan in die week vir werk.. Dit is eintlik vir my so lekker, want dit is doodstil. Wanneer ek in die bad sit, kom sit my klein grys bol kat op die bad se rand om met my te gesels.

Dit is so lekker want ek kan daardie tyd gebruik om net rustig te wees, met die Here te praat en te vra vir wysheid en leiding deur die dag.

Ek kan nie wag om koffie en tee vir my man en klein prinsessie te vat in die bed nie. Die groot ding waaroor ek wonder as ek in die bed lê is hoe my klein 4 en half jarige prinsessie gaan reageer nie (ek moet sê dit is nie elke dag dieselfde nie)

My prinsessie het ’n baie sterk persoonlikheid, sy het ’n “mind of her own” kom ek gee ’n voorbeeld – die klere wat ek in die oggend vir haar uithaal is nie reg nie – “mamma ek wil nie tekkies aantrek nie ek wil plakkies aantrek” in die middel van die winter.

Ek moet sê dit is baie makliker vir haar pappa, sy is regtig haar pappa se dogtertjie.

Maar hierdie mamma, sjoe ons is baie lief vir mekaar, maar verstaan nie altyd mekaar nie.

Die vraag is hoe hanteer mens dit. Hoe straf mens kinders wat nie luister nie… Hierdie is wat die Bybel se

“ Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom lief het, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.” Spreuke 13:24

Kinders verstaan klaarblyklik nie die waarheid van die woorde: “Dit maak my seerder as vir jou” nie. Om eerlik te wees, dit het woorde geword wat spottend deur komediante gebruik word. Maar dis tog die waarheid. Dis glad nie vir ouers pret om hulle kinders te dissiplineer nie. Ouers sien nie uit na dissipline met ’n gevoel nie: “Jippie, ek kan my kinds straf” nie.

Soms is dissipline noodsaaklik. Dit stel riglyne vir kinders sodat hulle weet waar die grense is vir dit wat aanvaarbaar is en wat nie. Dissipline moet natuurlik ferm en konsekwent wees en met liefde toegepas word. Dis hoe God sy kinders dissiplineer. Daar kan nie ’n beter voorbeeld wees om te volg nie.

Ek dink dit is elke persoon se keuse hoe om hulle kinders te straf. Elke kind se persoonlikheid is anders en dit is hoekom mens nie elke kind op dieselfde manier kan straf nie.

Ek is hard besig om te werk aan my klein prinsessie se manier van dissipline, maar dit is nie ’n maklike werk nie.. Praat asseblief saam deur ’n comment te los oor wat werk vir jou

Leave a Comment