Skip to content

Die Hartklop van n pa

Die verlange vir my pa word elke jaar en elke dag net al hoe meer en meer. Mense sê dat dit sal elke jaar net beter word, ja die hartseer het verander na blydskap, maar die hartklop van my pa mis ek al hoe meer.

Die verhouding tussen my man en my dogtertjie laat my baie dink aan die verhouding tussen myself en my pa… Dit is baie spesiaal daardie band wat ’n pa en dogter deel.

Daardie spesiale band het ek met my pa gedeel tot omtrent Standard 4, dinge het van toe af baie verander. My pa was vasgevang in ’n slegte wêreld met die uitdaging van ’n alkohol probleem. Ek weet dat dit nie die wêreld was waarin hy wou gewees het nie, maar hy was net nie sterk genoeg gewees nie. My pa is oorlede toe ek in Standard 7 was. Dit is nou al 18 jaar wat my pa nie meer by ons is nie.

Die rou proses was vir my baie moeilik gewees omrede ek vir ’n hele ruk gedink het dit was my skuld gewees, maar na 16 jaar wat my hart weer heel geword het, het ek besef dat dit nie my skuld was nie.

Die kwaad en hartseer wat ek vir 16 jaar saam met my gedra het, het verander in liefde en blydskap want ek het geweet waar my pa is.. My pa wandel in die fantastiese hemel…

Ek skryf vandag hierdie vir my pappa Heinrich Ferdinand van den Bergh in die hemel.

Ek voel jou altyd in my hart

Ek praat met jou elke dag

maar vandag al wat ek wil hê, is

om vir jou dankie te se

Ek weet jy het soms met ’n deurmekaar hart gaan slaap

dankie dat pa dit nooit gewys het nie

jy het my beskerm en Ek het nooit

koud gaan slaap

jy was altyd daar vir my

jy het my geleer om te veg vir wat ek in glo

en nooit op te gee in my drome en doelwitte

Ek dink jy sal vandag sou trots wees op my

so dankie Pa

wanneer ek op my knieë is en met jou te praat

Ek kan jou stem hoor soos dit gister was

jy het altyd vir my gese voor Ek gaan slaap

as Ek jou mis

moet Ek net so aan jou dink

die wind sal jou stem wees

die son sal jou liefde wees

en wanneer dit gereën het

dit sou jou trane wees wat

huil saam met my

maar wanneer dit sonnige en winderig is

soos op ‘n pragtige Herfs dag

Dit herinner my aan hoe jy my styf in jou arms vashou en jy

se jy is Lief vir my

dankie pa

Ek is lief vir jou

vir my is dit elke dag Vadersdag

Ek het pappas versamel al oor die hele wêreld

hulle met respek, liefde gegee

dankie aan al my Pappas

oor die hele wêreld

Ek is lief vir jou Pappa

Ek troos myself aan die volgende….

1 Timoteus 4:12: “Maak nie saak wie jou verlaat nie, weet net jy sal nooit alleen wees nie, want God sal jou nooit verlaat nie. Hy is met jou altyd”

Ek wil nie vir julle voorskryf hoe julle, julle pa moet hanteer of liefhê nie, maar wat ek net wil sê is, moet nie spyt wees nie… Bewaar die spesiale band wat jy as dogter tussen jou pa het – daar is niks meer spesiaal as dit nie….. Hê ook daardie spesiale band met jou Pappa in die hemel – sonder daardie liefde en vertroue sal jy nie die verbinding met jou aardse pappa hê nie.

Leave a Comment