Skip to content

Hoekom begin ek die journey

Ek sit en wonder is ek werklik n goeie mamma. Die Here sou my nie n mamma gemaak het as Hy nie gedink het ek is n goeie mamma nie.

Die Here het op my hart gele dat ek my lewens storie en pad saam met die Here nie net as vrou nie maar as mamma moet gebruik om met gewone mamma's soos ek te deel.

Ek weet dat ons partykeer alleen voel en soms net voel asof ons nie meer kan nie.

Ek wil graag daagliks inspirasie vir die dag met elke mamma te deel. Miskien is jy hartseer en sukkel met n uitdaging, miskien is jy op die pieke van die berge... Maar elke mamma en vrou het elke dag God in haar lewe nodig.

Ons kan nie ons lewens en uitdagings as mamma en vrou aanpak sonder God in ons lewens nie.

Daar is iets wat ek raak gelees het so paar jaar terug. Ek vergeet somtyds daarvan... Ek wil dit graag met julle deel.....

"As jy soek na oplossings vir jou daaglikse uitdagings soos byvoorbeeld in jou huwelik, jou finansies, die lys kan lank raak, gaan kyk dan eerstens na jou verhouding met God - want die een is 'n beeld van die ander!"

Mamma's ek gaan probeer om "topics" te deel van ons daaglikse lewens en hoe om daardie uitdagings te neem en saam met God die uitdagings te hanteer...
Saam sal ons groei as Die perfekte bruid van God

As daar enige onderwerp is waaroor julle mamma's wil gesels. Stuur asseblief n epos