Ek sit in my bed en besef dat more die laaste daggie is van 2019….

Ek dink terug aan al die goeie, slegte, fun en hartseer dae wat ek en my mense gehad het die jaar. Ek moet se dit was Baie meer goeie as slegte dae.

Ek dink ek is die gelukkigste vrou in die hele wereld, ek het n man waarvoor ek Baie lief is en wat lief is vir my, hy is ook my beste maaitjie… Ek het 2 dogtertjies altwee met sprankelende persoonlikhede wel baba nog te Klein maar die maand wat ons haar in ons lewens het kan ek sommer sien sy gaan sparkle.

Soos wat ons gesin n nuwe begin gekry het in n nuwe dorp, wat Baie uitdagings en harde werk gaan neem (ek weet die Here gaan ons Baie seen) Sien ek ook uit na die uitdagings en hoogtepunte wat 2020 vir my en my gesin wag.

My nuwe uitkyk op die jaar is go with the flow, as dinge nie uitwerk soos wat ek dit beplan het nie dan sal ek my skouers optel en wwwr probeer.

Moet nooit dat iemand se jy kan nie of jy mag nie, moet ook nie so hard op jouself wees nie mamma. As jy jouself in jou badkamer Wil toe suit met n lekker bubble bath en ñ bottel rooiwyn en ñ boks sjokolade om n half uur breek te vat van die kids doen dit en moet nie skuldig voel nie, jou man is meer as capable om die kids self te hanteer..

Mammas in 2020 moet ons bietjie meer aandag aan ons self gee, ons kan nie aan die einde van n jaar kom en doodmoeg wees en nie jou vakansie ten volle geniet nie… Dink aan die Klein wonderlike goed wat God ons gegee het soos bome en blomme as jy dink jou lewe Val uit mekaar uit. Vat n bad as jy bietjie Wil ontspan.

Nog iets wat belangrik is is gee tyd aan jou huwelik.. Los die kids by ouma en oupa of n vriendin en gaan bietjie op b date night en praat oor alles behalwe kinders, werk en die huis.

Geniet die laaste daggie van 2019

Lewe 2020 soos nog nooit tevore nie. Spandeer meer tyd saam met God want dit is net God wat ons dra deur alles…

Please remind me of new stories/videos and content as it becomes available

Leave a Comment